Wilger Rus Orania Luukse Verblyf

Wilger Rus is ‘n privaat luukse selfsorg verblyf in Orania, met twee rivierkamphutte op die Oranjerivieroewer en ‘n Vakansiehuis in die dorpie Orania. Dit is hier waar kalmte die natuur ontmoet, waar jy en jou geliefdes kan herlaai met die sonstrale onder die skaduryke bome waar die natuur sy eie simfonie maak.

Wilger Rus Orania Rivier Kamp

Private, Luukse, Bos Verblyf

As jy smag na die rustigheid van die bos, maar nie te ver van die geriewe van die dorp wil wees nie, is Wilger Rus Rivier Kamp die plek vir jou. Geleë op die oewer van die Oranjerivier, en slegs 10 minute van die sentrale deel van Orania, bied Wilger Rus Rivier Kamp die beste van altwee wêrelde.

Afgeleë, stil en privaat: Wilger Rus Rivier Kamp bied die ideale akkommodasie vir ‘n romantiese wegbreek. Wanneer een hut gereserveer is, word die ander een uitgeblok, wat verseker dat ons gaste die rus en vrede met minimale steurings kan geniet.

Met twee selfsorg, en suite hutte, kan Wilger Rus Rivier Kamp saam met vriende of familie geniet word: Braai, piekniek, vang vis, of besoek die dorp. Ons het alles wat jy nodig het vir ‘n prettige en ontspannende glamping vakansie.


Maksimum 2 persone per hut • Geen onder 16s • Geen Troeteldiere

Galery Pryse Meer Inligting Wilger Rus Orania Rivier Kamp

Wilger Rus Orania Vakansie Huis

Die Perfekte Balans van Moderne Luuksheid en Huislike Gemak

Benodig u ‘n verandering van pas, maar wil u nie die gemak van die huis prysgee nie? Hierdie ruim, sonkrag-aangedrewe, beurtkrag-vrye selfsorghuis bied alles wat jy nodig het vir ‘n aangename verblyf, en is minder as 10 minute vanaf die sentrale deel van Orania geleë, so alle geriewe, restaurante en winkels is binne maklike bereik.

Wilger Rus Vakansiehuis is ideaal vir gesins- of groepreise: Met drie dubbelslaapkamers, twee volledige badkamers, ‘n kombuis, leefarea, stoep, parkeerplek vir drie voertuie, en ‘n heerlike grasperk waal almal kan uitspan en lekker ontspan.

Selfs al is dit ‘n groot Vakansie huis, verwelkom ons alleenreisigers, wittebroodgangers, afgeleë werkers, toeriste, roadtrippersKontak ons om beskikbaarheid na te gaan.


Maksimum 6 persone • Kinders onder 3 bly gratis • Geen Troeteldiere

Galery Pryse Meer Inligting Wilger Rus Orania Vakansie Huis

Vind Luukse Verblyf in Orania Hier

Wilger Rus en die dorpie Orania is ideaal geleë as ‘n middelwegstop op paduitstappies regoor Suid-Afrika.

Of jy nou van Noord na Suid of Oos na Wes reis, sal jy vind dat Orania taamlik naby die geografiese sentrum van Suid-Afrika is.

Vanaf: Afstand:
Kaapstad tot Orania: 870 km / 540 myl
Port Elizabeth (Gqeberha) tot Orania: 710 km / 441 myl
Durban tot Orania: 880 km / 547 myl
Nelspruit (Mbombela) tot Orania: 981 km / 610 myl
Polokwane (Pietersburg) tot Orania: 957 km / 595 myl
Pretoria tot Orania: 710 km / 441 myl
Augrabies tot Orania: 590 km / 367 myl
Upington tot Orania: 480 km / 299 myl
Port Nolloth tot Orania: 986 km / 613 myl
Kimberley tot Orania: 170 km / 106 myl
Bloemfontein tot Orania: 250 km / 155 myl
Kaart van Wilger Rus in Orania