Spring na produkte inligting
1 van 24

Wilger Rus

Visarend Hut

Visarend Hut

Gereelde prys R 1,400.00 ZAR
Gereelde prys Verkoop prys R 1,400.00 ZAR
Uitverkoping Uitverkoop
Die Visarend-hut bied 'n intieme atmosfeer waar jy en jou geliefde kosbare tyd saam kan geniet. Die hut sluit die volgende geriewe in:

- Dubbelbed met 'n Cool Gel Memory Foam-matras
- ‘n Temperatuurregulerende veerduvet
- Skoon beddegoed, ekstra komberse en handdoeke
- Privaat badkamer
- Kombuis met gasstoof en -oond, asook kombuisware
- Yskas
- Sitarea met gemakstoele
- Oorbedekte stoep met tafel en stoele
- Piekniekkombers
- Braai-area (1 sak houtskool per dag ingesluit)
- Sonkrag wat voldoende lig en kragpunte voorsien om toestelle te laai (geen haardroërs of krultange asseblief)

Wilger Rus Rivierkamp is pragtig geleë aan die oewer van die Oranje Rivier, net 10 minute se ry van die vulstasie, winkels en restaurante in Orania. Beleef die rustige omgewing van die bos, geniet 'n piekniek onder die bome, gaan visvang, ontspan en herlaai jou energie – alles terwyl jy weet dat al die geriewe maklik bereikbaar is.

Die kamp het twee self-sorg hutte, elk met 'n privaat badkamer, 'n ekstra buitebadkamer met stort en 'n klein buitekombuisie. Die hutte is weggesteek tussen die bome, met 'n groot grasperk en privaat toegang tot die rivier. Sonkrag voorsien lig en laaipunte, terwyl die stoof en waterverwarmer met gas werk. Parkeerplek is beskikbaar vir twee voertuie, met ekstra spasie vir 'n sleepwa of karavaan.

Ons stel ons gaste se privaatheid en gerief hoog op prys. Wanneer slegs een hut bespreek word, word die ander een outomaties gesluit vir eksklusiewe gebruik.

Maksimum van 2 persone per hut • Geen kinders onder 16 jaar • Geen troeteldiere toegelaat nie

Wilger Rus Orania Rivierkamp is ‘n glamping-akkommodasie met permanente tente en is nie geskik vir gewone tente of karavaan-kampe nie.
Aantal Mense

Check out our additional options below before booking your date.

Bekyk volledige besonderhede

Additional Options